Gesinskomedie.

Met Jim Carrey en Carla Gugino.

Regie: Mark Waters.

2011. 94 min.

O.

Ons dink: 3/5

Tom Popper (Carrey), ’n geskeide pa, se lewe draai om sy werk. Hy is die beste agent in sy firma en probeer al die eiendom in Manhattan vir sy base in die hande kry.

Toe hy ses pikkewyne van sy oorlede pa, ’n avonturier, in die pos kry, raak hy skielik gewild by sy twee kinders en eksvrou (Gugino). Daarom probeer hy die voëls as troeteldiere aanhou.

Al is hierdie gesinsfliek voorspelbaar, is dit steeds vermaaklik, grootliks danksy Carrey wat uit amper enige situasie iets snaaks kan haal.

Hy trek nie soveel rubbergesigte soos gewoonlik nie en laat die ses oulike pikkewyne toe om die kollig te steel. Die vonk tussen hom en Gugino is geloofwaardig en die twee kinderakteurs tree soos regte kinders op.

Die verhaal van ’n werkslaaf wat leer om pret te hê, is niks nuuts nie. Maar as jy ’n oulike lekkerkykfliek vir die hele gesin soek, is dit ’n goeie keuse.

Volg Huisgenoot op Twitter.