Rating: 3/5

2011.

100 min. 13G.

Sportdrama.

Dié ingehoue drama gaan oor bofbal, maar al weet jy niks van dié sportsoort nie, kan jy dit steeds geniet.

Die hoofkarakter is Billy Beane (Brad Pitt), die bestuurder van ’n sukkelende span.

Ná ’n ontmoeting met die statistikus Peter Brand (Jonah Hill) besluit Billy om sy statistiek te gebruik en strydig met die tradisie spelers te kies wat nie op hul eie sterre is nie, maar saam ’n wenspan kan vorm.

Die regisseur vermy sportfliek-clichés, maar laat jou steeds vir die buiteperde skree.

Tog sou ’n roerender klimaks welkom gewees het. Die dialoog is skerp en slaag daarin om statistiek opwindend aan te bied. Daarby beïndruk Pitt en Hill se genuanseerde spel.

Volg Huisgenoot op Twitter.