Ons dink: 4/5

2011. 94 min.

O13.

Romantiese komedie.

Teken in op Huisgenoot

’n Amerikaanse skrywer (Owen Wilson) besoek Parys en raak behep met die Goue Era van die 1920’s toe skrywers soos F. Scott Fitzgerald en Ernest Hemingway saam met kunstenaars soos Salvador Dalí en Pablo Picasso in boheemse kuierplekke gekuier het.

Op ’n nagtelike wandeling word hy na dié wêreld meegevoer en vind inspirasie en romanse.

Dis ’n bekoorlike, pittige fliek vol fantasie en verwysings na die kunsgeskiedenis.

Die regisseur Woody Allen kwyt hom goed van sy taak om die nostalgie te laat herleef.

Volg Huisgenoot op Twitter.