Ons dink: 3/5

2012. 94 min.

13O.

Komediedrama.

Die rolprent speel in die Moslemgemeenskap in Fordsburg aan die Rand af en handel oor ’n jong man, Cassif (Riaad Moosa), wat bedags in sy humorlose, konserwatiewe pa (Vincent Ebrahim) se materiaalwinkel werk en saans in die geheim sy ware passie, skerpskertsery, uitleef.

Al beeld ’n sterk rolverdeling die botsing tussen tradisionele en moderne houdings dramaties uit, is Material nie so goed soos die regisseur, Craig Freimond, se vorige rolprent, Jozi (2010), nie.

Die redigering en draaiboek is plek-plek wisselvallig, die klankbaan krys en die slot is te sentimenteel. Die humor waarvoor veral Joey Rasdien as Cassif se pel sorg, maak dit die moeite werd.

Volg Huisgenoot op Twitter.