Drama.

2010. 108 min.

Met Sally Hawkins, Bob Hoskins en Miranda Richardson.

Regie: Nigel Cole.

13TS.

Ons dink: 3/5

In die laat 60’s ryg die Ford-motorfabriek in Dagenham, Suid-Londen, ontelbare Cortinas, Anglias en Capri’s uit. Sowat 55 000 mans werk daar – en presies 187 vroue.

Hulle maak die motorsitplekoortreksels van viniel en deurpanele. Dit vereis groot vaardigheid, maar in die vakbonde en bestuur het mans die oorhand en hulle konkel om die vroue se werk as “ongeskoolde arbeid” te klassifiseer.

Keelvol vir die swak betaling staak hulle en eis gelyke betaling vir gelyke werk.

Nadat hulle Ford se bedrywighede in Brittanje feitlik tot stilstand laat ruk het, word hul eise toegestaan. En met die legendariese parlementslid van die Arbeidersparty Barbara Castle (Richardson) se hulp word gelyke betaling in 1970 wet in Brittanje.

Hierdie denkbeeldige weergawe fokus op die vroue se leier (Hawkins) en ’n simpatieke vakbondleier (Hoskins). Dit hou nie streng by historiese feite nie en humor en romanse is bygevoeg.

Tog is die verhaal oor die vroue wat seksuele diskriminasie by die werk getakel en geklop het, kragtige kykstof.

Volg Huisgenoot op Twitter.