Ons dink: 3/5

2012

93 min

13TS

Tienerkomedie

Lola (Miley Cyrus) is ’n tipiese tiener wat net haar ding wil doen, verlief wil wees en die lewe geniet. Jy dink dalk dis net nog ’n fliek oor ’n tienermeisie wat wens haar lewe was nie so ingewikkeld nie.

As jy verby die flou, voorspelbare storielyn kan kyk, sal die paar opregte oomblikke tussen Lola en haar ma, Anne (uitstekend gespeel deur Demi Moore), jou verras.

– CHRIZANE VAN ZYL