Wetenskapsfiksiespanning.

Met Bradley Cooper, Abbie Cornish en Robert de Niro.

Regisseur: Neil Burger.

2011. 104 min.

13GD.

Ons dink: 3/5

Sê nou jy kon ’n pil drink wat jou die beste weergawe van jouself sal maak?

Dis die vraag waarvoor Eddie (Cooper), ’n sukkelende skrywer, te staan kom.

Nadat sy gewese swaer hom ’n onwettige middel gee, skryf hy in ’n japtrap sy boek klaar, laat hom mooi maak en maak $2 biljoen op die aandelebeurs. Maar sy blitsige opgang trek die aandag van mense wat agter sy geheim aan is.

Al is die tempo vinnig en word die uitwerking van die middel op Eddie treffend uitgebeeld, verloor hy jou simpatie sodra hy nie meer die dierbare verloorder is nie.

Daar is spanningsvolle oomblikke wanneer hy nie onder die invloed is nie, maar sodra hy die pilletjie sluk, hoef jy nie meer te twyfel of hy in die strik sal trap nie.

Die ander karakters is tweedimensioneel en alles is net te oppervlakkig en moreel twyfelagtig om jou werklik te boei.

Bonus: alternatiewe einde, kortflieks, regisseur se kommentaar.

Volg Huisgenoot op Twitter.