Ons dink: 3/5

2012

103 min

O

Dokumentêr

Dié dokumentêr oor die popster Katy Perry se wêreldtoer van 2011 wemel van die kostuums in lekkergoedkleure, aansteeklike deuntjies en oordadige konserte. Aanhangers kry ook insig in haar streng Christelike opvoeding en al die op- en afdraandes op haar pad na roem. Plek-plek voel dit asof die fliek haar te veel ophemel, veral wanneer haar span bestuurders en assistente haar lof besing. Tog bied dit ’n verrassend eerlike blik op die verbrokkeling van haar huwelik met die komediant Russell Brand en die hartseer wat dit  meegebring het.

– PETRO-ANNE VLOK