Romantiese komedie. 

2011. 117 min.

Met Adam Sandler en Jennifer Aniston.

Regie: Dennis Dugan.

13O.

Ons dink: 2/5

Moenie verbaas wees as jy ná die fliek wonder hoekom niemand al voorheen daaraan gedink het om Adam Sandler en Jennifer Aniston teenoor mekaar te laat speel nie.

Al doen albei hul tipiese ding – Adam is weer die aangename maar effe verspotte man-kind en Jennifer herinner aan haar karakter Rachel in Friends – is die twee ’n oulike paartjie op die silwerdoek.

Adam speel ’n plastiese chirurg wat in sy vrye tyd vroue die hof maak onder die voorwendsel dat hy ongelukkig getroud is, al is hy eintlik ’n losloper.

Toe sy plan misluk om ’n jong onderwyseres te vang, vra hy sy assistent (Aniston) en haar kinders om voor te gee hulle is sy eksvrou en kinders.

Die hele spul, vasgevang in ’n reeks ingewikkelde leuens, sit af Hawaii toe vir ’n wegbreek-naweek en daar ontluik ’n onverwagte romanse.

Wel, dis net onvoorspelbaar as jy nog nooit ’n romantiese komedie gesien het nie, maar dis steeds snaaks.

Ekstras: kortflieks, blapse, uitgesnyde tonele, kommentaar.

Volg Huisgenoot op Twitter.

Kyk gerus hier a die prettige lokprent