Ons dink: 4/5

2012. 132 min.

13OG.

WF/avontuur.

John Carter (Taylor Kitsch), ’n veteraan van die Amerikaanse Burgeroorlog, word na Mars weggevoer. Die stamme daar is in ’n oorlog gewikkel en ’n prinses (Lynn Collins) het sy hulp nodig.

Ná amper 100 jaar word een van die invloedrykste wetenskapsfiksieromans, A Princess of Mars, eindelik tot ’n rolprent verwerk. Baie rolprentmakers het al inspirasie geput uit dié werk deur die Tarzan-skrywer, Edgar Rice Burroughs, en as jy al Star Wars of Avatar gesien het, sal die avontuur vir jou oorbekend voel.

Tog is dit so goed vervaardig dat dit jou waarskynlik nie sal pla nie.

Taylor en Lynn is charismaties, die fliek is propvol humor en die rekenaarbeeldkarakters lyk heel eg.

Volg Huisgenoot op Twitter.