Komediedrama.

Met Keir Gilchrist, Zach Galifianakis en Emma Roberts.

Regie: Anna Boden en Ryan Fleck.

2010. 97 min.

13OT.

Ons dink: 3/5

Met soveel flieks wat deesdae op die jeugmark gemik is, is tienerangs Hollywood-stapelkos.

Maar wat gebeur as die tienerangs buite beheer raak en die tiener wil selfmoord pleeg? Dis nou nie juis komediemateriaal nie, maar die fliek laat dit werk.

Groepsdruk, probleme by die skool en onbeantwoorde liefde laat die 16-jarige Craig (Gilchrist) selfmoordneigings kry en hy word in ’n hospitaal se psigiatriese vleuel vir waarneming opgeneem.

Daar maak hy vriende met die snaakse maar erg versteurde Bobby (Galifianakis) wat al ses keer probeer selfmoord pleeg het en ’n rits ander, wel, mal karakters, onder wie die lieflike Nia (Roberts) wat weens selfverminking daar is.

Met hul hulp pluis Craig uit hoe om homself te genees.

Al draai die fliek geen doekies om wanneer dit by die harde werklikheid van geestesiektes kom nie, skram dit weg van stereotiepe karakters. En die pittige dialoog, fisieke komedie, geloofwaardige romantiese hoek en knap spel maak dit vermaaklike kykstof.

Bonus: kortflieks, uitgesnyde tonele, oorskietopnames.

Volg Huisgenoot op Twitter.

Kyk hier na die lokprent van It's A Kind Of Funny Story.