Wetenskapsfiksie-aksie.

Met Alex Pettyfer, Teresa Palmer en Timothy Olyphant.

Regie: DJ Caruso.

2011.

105 min. 13OG.

Ons dink: 3/5

Dié aksiebelaaide riller is ewe onregverdig as Twilight met ruimtewesens bestempel, maar dit fokus meer op die held se ontluikende kragte as sy gevoelens vir ’n skaam skoonheid.

Nadat hul ras omtrent uitgewis is, word nege besondere kinders Aarde toe gestuur. Hulle moet hul vyande ontduik terwyl hulle groter krag ontwikkel voor hulle kan terugbaklei.

Nadat drie van hulle vermoor word, kruip die vierde (Pettyfer) en sy beskermer (Olyphant) op ’n dorpie weg waar Four op ’n fotograaf (Dianna Agron) verlief raak.

Die eerste helfte wemel van die gewone hoërskooldrama, maar die akteurs is oortuigend en charismaties.

Die romanse is verfrissend ingehoue en vir ’n slag verloor die held nie kop wanneer hy verlief raak nie. Die rolprent kom eers regtig op dreef toe Six (Palmer) opdaag en sy en Four hul kragte loslaat.

Hierdie lekker fliek is niks nuuts nie, maar is oorspronklik en energiek genoeg om die aandag te behou.

Bonus: kortfliek, blapse.

Volg Huisgenoot op Twitter.