Ons dink: 5/5

Dis ’n vuurwerkvertoning soos Sun City lank laas gesien het, met meer as 80 optredes deur die meeste kunstenaars nog en ’n rits uitstaan-oomblikke. Daar is Nianell en André Schwartz se All I Ask of You, en van Riaan Cruywagen tot die 7de Laan-akteurs gooi ’n draai. Nuwe gesigte soos Hulle en Code Red is verfrissend. En kyk, Rocco de Villiers is darem flambojant agter die klawers. En wie sou kon dink Hilda van 7de Laan kan so lyfswaai? 

– Haidee Muller

Op soek na ‘n beter prys? KLIK op die mier.