Ons dink: 4/5

2011. 121 min.

OG. Avontuur.

Dié liefdesbrief aan die rolprentbedryf is die handewerk van die bekroonde regisseur Martin Scorsese.

Die storie handel oor ’n weeskind wat ’n stryd teen ongevoelige grootmense voer.

Hugo (Asa Butterfield) moet in 1931 die horlosies in ’n Paryse stasie aan die tik hou terwyl hy ’n outomaat probeer regmaak wat sy pa (Jude Law) in ’n museum gekry het.

Toe ’n winkeleienaar (Ben Kingsley) hom vang terwyl hy onderdele steel, ontdek Hugo daar is ’n verband tussen die ou

man, sy pa en die ontstaan van rolprente.

’n Bekoorlike avontuur wat geen fliekliefhebber mag misloop nie.

Volg Huisgenoot op Twitter.