Fantasie.

Met Daniel Radcliffe, Rupert Grint en Emma Watson.

Regie: David Yates.

2010. 140 min.

10G.

Ons dink: 4/5

In die voorlaaste aflewering van die lokettrefferreeks moet Harry, Ron en Hermione die veiligheid van Hogwarts verlaat en ’n gevaarlike sending aanpak.

Hulle moet die sewe horcruxes vernietig waarin Voldemort dele van sy siel uitgestort het sodat hy nooit doodgemaak kan word nie.

Maar omdat hulle geen duidelike plan van aksie het nie en van al hul geliefdes afgesonder is, eis die sending gou sy tol – en die Death Eaters kom ál nader.

Vir aanhangers van JK Rowling se boeke is dit onverbeterlike kykstof.

Party nuwelinge kan dalk kopkrap oor verwysings na horcruxes en deathly hallows, maar die draaiboek verduidelik alles mooi.

Die wisselende agtergronde en die struktuur van die soektog gee die fliek ’n varsheid wat die storie betref en agtergrond waarteen dit afspeel. Die akteurs leef hulle in en die regisseur Yates vaar goed.

Bonus: ’n hele tweede skyf met onder meer kortflieks en uitgesnyde tonele.