Spanning.

2011. 106 min.

Met Saoirse Ronan, Eric Bana en Cate Blanchett.

Regie: Joe Wright.

13G.

Ons dink: 4/5

Hierdie buitengewone spannings­fliek is ’n kruis tussen ’n kuns- en aksiefliek. ’n Tienermeisie, Hanna (Ronan), se pa, Erik (Bana), ’n eksspioen, maak haar in die wildernis in Finland groot om die volmaakte moordenaar te wees.

Op 16 is haar opleiding voltooi en vertrek sy op ’n sending waarvoor sy al haar lewe lank voorberei word – om Marissa Viegler (Blanchett), ’n bose figuur uit haar ouers se verlede, dood te maak.

Die fliek getuig van ’n mengelmoes invloede – dit het iets van The Professional, die Bourne-flieks en die Grimm-broers se sprokies – en speel teen ’n ongewone maar onvergeetlike klankbaan deur die Chemical Brothers af.

Die fliek is propvol aksie, maar daar is ook volop humor toe Hanna saam met ’n Britse hippie-gesin in Marokko en Spanje vakansie hou en ’n voorsmakie van ’n normale lewe kry.

Ronan is briljant as die jong sluipmoordenaar en Jessica Barden as die tienerdogter van die gesin saam met wie Hanna reis.

Ekstras: kommentaar, alternatiewe slot, kortflieks, uitgesnyde tonele.

KLIK HIER om jou DVD via kalahari.com te bestel

Volg Huisgenoot op Twitter.