Komedie. 

2011. 101 min. 

Met Owen Wilson, Jason Sudeikis, Jenna Fischer en Christina Applegate.

Regie: Bobby en Peter Farrelly.

16TN.

Ons dink: 2/5

Twee beste vriende, Rick (Wilson) en Fred (Sudeikis), geniet dit soveel om mooi vroue aan te staar dat hul vroue (Fischer en Applegate) besluit om hul seksbehepte mans ’n hall pass (’n week van vryheid) te gee. Hulle hoop dit sal hul huwelike red, maar sal dit?

Rick en Fred is oortuig daarvan hulle kan steeds soos in hul studentedae die meisies se knieë lam maak.

Maar sal hulle getrou bly aan hul vroue – dié geniet ook die week sonder hul mans behoorlik – of sal hulle hul kortstondige vryheid gate uit geniet?

Die fliek het snaakse oomblikke, maar die oormaat grappe oor seks, naaktheid en die huwelik kan vir party kykers net te veel raak.

Dit is nie naastenby so lagwekkend soos die klassieke Farrelly-komedies, Dumb and Dumber en There’s Something about Mary, nie.

En dit raak vervelig om twee mans soos groot kinders oor seks te hoor fantaseer.

Bonus: bykomende toneel.

Volg Huisgenoot op Twitter.