ksie.

Met Paul Walker, Vin Diesel en Dwayne Johnson.

Regie: Justin Lin.

2011. 125 min.

13G.

Ons dink: 3/5

Hierdie fliek, ook bekend as Fast & Furious 5, is die jongste aflewering in ’n reeks met ’n verbasend lang asem.

Die voormalige FBI-agent Brian (Walker) en sy meisie, Mia (Jordana Brewster), bevry haar broer, Dom (Diesel), uit polisieaanhouding.

Hulle aanvaar ’n werk om motors van ’n bewegende trein te steel – dis een van talle hoogtepunte – maar ’n dwelmbaas verraai hulle.

Dom wil met ’n waaghalsige rooftog wraak neem en kry ’n paar bekende gesigte uit die vorige flieks om hom te help. Intussen is die superpolisieman Hobbes (Johnson) op hul spoor.

Dit is ’n hoogs vermaaklike skouspel van asemrowende waagtoertjies, opwindende motorjaagtogte en testosteroonbelaaide gevegte en wys die reeks het nog baie woema.

Dis verfrissend om ’n lokettreffer te sien met karakters van vlees en bloed pleks van siellose rekenaarbeelde.

Macho sterre soos Diesel en Johnson wat mekaar beetpak, maak dit klaar die kyk werd.

Bonus: kommentaar, kortfliek, uitgesnyde tonele.

Volg Huisgenoot op Twitter.