Komedie.

Met Emma Stone, Amanda Bynes en Stanley Tucci.

Regie: Will Gluck.

2010. 98 min.

13TS.

Ons dink: 4/5

Olive Penderghast (Stone), ’n hoër­skoolleerder, jok toe sy vir haar beste vriendin vertel sy het haar maagdelikheid verloor.

Dit is veronderstel om ’n geheim te wees, maar gou is die nuus die skool vol.

Met dié dat haar reputasie klaar daarmee heen is, stem sy in om teen betaling voor te gee sy het seks met ’n gay ou gehad sodat die ander sal dink hy is heteroseksueel.

Kort voor lank doen sy flink sake deur voor te gee sy slaap by ouens wie se ego ’n hupstoot nodig het. Natuurlik begin dinge gou lelik skeefloop . . .

Easy A bied ’n vars blik op skommelende tienerhormone en Stone se uitstekende spel vestig haar as ’n aktrise om dop te hou.

Stanley Tucci skitter ook as Olive se New Age-pa wat haar aanpor om swanger te raak “sodat ons soos Knocked Up kan wees”.

Dit is snaaks, maar ook eg en boeiend. Word ten sterkste aanbeveel.

Bonus: blapse, repetisie-beeldmateriaal.