2011. 96 min.

16TGN.

Spanning.

’n Waaghals-motorbestuurder in flieks (Ryan Gosling) werk snags as die beste wegkombestuurder in Los Angeles.

Hy smee ’n band met sy kwesbare buurvrou (Carey Mulligan) en haar seun. Toe rampokkers haar dreig, gryp hy in – met aaklige gevolge.

Bly weg as jy hope opwinding en aksie soek.

Drive is ’n Hollywoodspanningsfliek met ’n Europese kunsfliekregisseur aan die stuur, en al is daar ongelooflike jaagtonele en skokkende geweld, het dit ’n dromerige atmosfeer.

Die klankbaan is hipnoties en Gosling boei jou as die enigmatiese anti-held.

Volg Huisgenoot op Twitter.