Drama.

Met Gwyneth Paltrow, Tim McGraw en Garrett Hedlund.

Regie: Shana Feste.

2010. 112 min.

13OT.

Ons dink: 2/5

Gwyneth Paltrow speel ’n hoofrol as Kelly Canter, ’n country-superster wat pas uit ’n rehabilitasiekliniek ontslaan is en deur Texas toer om haar loopbaan weer op dreef te kry.

Haar hardvogtige man en bestuurder, James (McGraw), haar minnaar en ’n aspirantliedjieskrywer, Beau (Hedlund), en die loskop-countrysanger Chiles (Leighton Meester) toer saam.

Kelly herstel nog van haar drankprobleem en die stres en drama agter die skerms kan dalk vir haar te veel raak en die hele toer verongeluk.

Daar is genoeg melodrama in Country Strong om TV-sepies in die skande te steek. Dis soos ’n episode van Dallas – almal drink te veel en slaap rond. A

l is die toneelspel goed en kan al die akteurs sing, red dit nie die oordramatiese draaiboek en belaglike dialoog nie.

As jy nie ’n aanhanger van countrymusiek is nie, hou liewer verby.

Bonus: musiekvideo, uitgesnyde tonele.

Volg Huisgenoot op Twitter.