Ons dink: 3/5

Drama.

2011. 102 min.

13.

Riller.

Die vrees vir aansteeklike siektes soos vark- of voël­griep het mense wêreldwyd die afge­lope jare op hol. Dié prent tap daardie angs en bottel dit om dié knap mediese drama ’n ril-inspuiting te gee.

Steven Soderbergh, die regisseur van Ocean’s Eleven en die Oscar-bekroonde Erin Brockovich, is hier aan die stuur van sake.

Hy span die room van Hollywood (Matt Damon, Laurence Fishburne, Kate Winslet) in om die storie te vertel van ’n dodelike siekte wat wêreldwyd verwoesting saai.

Waar het dit alles begin? En watter een van die bekende sterre gaan eerste sterf? As jy ’n aksievraat is, kan dit jou dalk verveel. Hier moet jy jou grysstof gebruik.

Volg Huisgenoot op Twitter.