Sielkundige riller.

Met Natalie Portman, Mila Kunis en Vincent Cassel.

Regie: Darren Aronofsky.

2010. 108 min.

16GSTD.

Ons dink: 4/5

Die grense tussen die werklikheid en waansin vervaag in hierdie meesleurende prent oor ’n ballerina, Nina (Portman), wat sukkel om haar diepste, donkerste emosies vir ’n dansrol te ontgin.

Sy moet, soos die tradisie dit vereis, die wit swaan én die swart swaan in ’n opvoering van Swanemeer dans, maar haar regisseur (Cassel) is ontevrede met haar weergawe van die magiese swart swaan.

Hoe harder sy probeer, hoe verder verval sy in ’n wêreld waarin sy haar houvas op die werklikheid verloor.

In haar kop begin vreemde dinge gebeur en dit word alles vir die kyker gewys. Dis asof sy ’n metamorfose ondergaan en werklik in ’n swaan verander.

Die druk wat haar ma en die ander ballerinas, veral Lily (Kunis) op haar uitoefen, vererger net die situasie.

Dis ’n ongelooflike, skokkende fliekervaring, met uitstekende spel deur veral Portman, wat ’n Oscar hiervoor ontvang het.

Bonus: Insiggewende kortflieks oor die maak van die rolprent.

Volg Huisgenoot op Twitter!