Romantiese raaisel.

Met Ryan Gosling en Kirsten Dunst.

Regie: Andrew Jarecki.

2010. 97 min.

16TNDG.

Ons dink: 4/5

Hierdie omstrede rolpent is gegrond op een van die berugste onopgeloste sake in New York se geskiedenis: die verdwyning in 1982 vanKathleen McCormack, die eerste vrou vanRobert Durst, die erfgenaam van ’n eiendomsmagnaat.

Die storie word met terugflitse vertel en begin met David Marks (Gosling) se ontmoeting met Katie McCarthy (Dunst), ’n mooi student uit die werkersklas, en hul troue.

Hul geluk kom tot ’n einde toe David se pa, ’n New Yorkse sakereus, sy seun vra om by die familie-onderneming aan te sluit.

David word verplig om skelm transaksies met die uitvaagsels van die stad te help sluit.

Sy diepliggende sielkundige versteurings word geleidelik ontbloot en dit veroorsaak kwaai spanning in sy persoonlike lewe. Dan verdwyn Katie spoorloos – sy is vermoedelik vermoor en Mark is die hoofverdagte.

Die spanning loop enduit hoog. Dunst speel haar rol skitterend en wen simpatie vir die omstandighede waarin haar karakter vasgevang is.