Ons dink: 3/5

2011. 80 min.

16TNSG.

Misdaadkomedie. 

’n Niksnut (Danny McBride) kan nie meer wag om sy erfporsie te kry nie en wil sy pa laat vermoor. Maar daarvoor kort hy geld.

Hy en sy pel (Nick Swardson) neem ’n pizza-afleweraar, Nick (Nick Eisenberg), gevange en dwing hom om ’n bank te beroof.

Nick vra sy beste vriend (Aziz Ansari) om hom te help. Maar gaan hulle die geld kry voor die bom ontplof?

Dié hoogs vermaaklike komedie wemel van dwase planne en amateur-skurke. E

isenberg is uitstekend as die goeie ou, Mc­Bride is histeries en Ansari wys sy slag as skreeusnaakse akteur.

Volg Huisgenoot op Twitter.