Sommige DStv-kykers sal vandag omgekrap wees wanneer hulle na hul gunstelingprogram wil oorskakel en besef die betaalkanaal het heelwat veranderinge aangebring.

Meer as 50 bestaande kanaalnommers het verander, ses nuwe standaarddefinisie kanale is bygevoeg en ’n ekstra sewe hoë-definisie kanale is beskikbaar. Kykers kan veral uitsien na heelwat nuwe fliek-kanale.

KykNet kan voortaan op kanaal 144 gevind word.

Dié veranderinge kom nadat DStv ’n nuwe sateliet in gebruik geneem het.

Kyk hier na hoe die kanale nou georganiseer is.