Wat is vanaand op die kassie?

19:30 Bravo (kykNET): Ons besoek Zanzibar, waar Magda Johnston van Kokkedoor ’n ete voorberei, kry partytjiewenke vir die somer van die mense by Habits en die De Grendel-wynlandgoed en kyk na die Krone konsert by die GrandWest Arena in Kaapstad.

19:30 Perception (M-Net): Mense met Parkinson se siekte begin sterf as gevolg van foutiewe inplantings wat veronderstel is om hul simptome te beheer.

20:00 Boer Soek ’n Vrou (kykNET): Die boere gaan vir ’n uitstappie met die vyf vroue wat hulle verlede week ná die blitsafsprake gekies het om hulle beter te leer ken. Aan die einde van die dag moet die boer kies watter drie vroue hy gaan nooi om by hom op die plaas te kom kuier.

20:30 Parenthood (M-Net Series Showcase): Kristina en Adam moet emosionale nuus hanteer. Zeek se gedrag laat vrae ontstaan oor sy gesondheid.

21:30 Fringe (M-Net): Walter is bekommerd dat hy die stryd teen sy ou self verloor.

22:00 Brothers & Sisters (SABC3): Kevin ontmoet iemand maar is onseker oor sy seksuele oriëntasie.

Let asseblief op: Huisgenoot kan nie die korrektheid van die verskafte inligting verseker nie. Netwerke pas hul uitsaairooster volgens hul diskresie aan.