17:30 Ilse Kook (kykNET): Hierdie week wys Ilse jou waar Dawid die wortels gegrawe het met haar oorsig van heerlike groente wat in die winter verkry kan word. Op die spyskaart is gestopte pampoen met rys en feta, ’n gebraaide skaapskouer met bone, geel- en witwortels, ’n skorsielaksa en ’n Marokkaanse geroosterdewortel-en-avokadoslaai.

18:00 Villa Rosa (kykNET): Petrus en Wouter beraam ’n plan om Lerato die skrik op die lyf te jaag. JP se span vrywilligers werk saam om vir Sussie haar droom-matriekafskeid te reël.

19:00 Mike & Molly (M-Net): Mike storm weg ná ’n uitval en Molly besluit dis die ideale geleentheid om haarself te troos deur inkopies te doen.

20:00 Nege Maande (kykNET): Al nege swanger vroue woon ’n voorgeboorteklas by waar hulle goeie wenke kry oor hoe om hul swangerskappe te hanteer en gesonder te lewe.

20:30 Top Billing (SABC 3): Simba bring die dag saam met die Suid-Afrikaanse akteur Fana Mokoena deur om uit te vind hoe dit was om aan die internasionale trefferfliek World War Z saam met Brad Pitt te werk.

21:30 CSI: New York (M-Net): Die span stel ondersoek in toe die eienaar van ’n kroeg vermoor word en $10 000 vermis raak. Adam bring sy vry dag deur op ’n buitengewone manier.

Let asseblief op: Huisgenoot kan nie die korrektheid van die programinligting waarborg nie. Netwerke pas hul programrooster volgens hul eie diskresie aan.