19:29 Die Nataniël Tafel (kykNET): Die doilie is terug in die mode, en Nataniël wys ons wat ’n kreatiewe mens in die kombuis daarmee kan aanvang.

20:02 Donkerland (kykNET): In die laaste aflewering moet Johan en Mtonga verantwoording doen vir hul hardkoppigheid wat die toekoms van Donkerland bedreig. Francois se nuwe vriend, Sizwe, maak hom ’n bietjie touwys op die plaas. Mariaan en Truida doen hul bes om vrede te maak met hul verlede en nuwe hoop te vind vir die toekoms.

21:00 Dexter (M-Net): Miami Metro soek nog na die reeksmoordenaar, ook bekend as di Brain Surgeon. Dr. Vogel vra Dexter se hulp. Debra neem die reg in eie hande.

21:02 ’n Lewe met . . . (kykNET): Slapeloosheid kan ’n mens se gesondheid kwaai benadeel. Daar word gekyk na oorsake soos menopouse, stres en swak gewoontes, en ’n vrou vertel van haar stryd daarteen die afgelope 15 jaar.

21:30 Hot in Cleveland (SABC3): Elka is in die tjoekie en deel haar sel met ’n bekende. Die ander vroue probeer geld bymekaarmaak om haar borgtog te betaal.

21:37 The Graham Norton Show (BBC Entertainment): Vanaand se gaste is onder andere die akteurs Harrison Ford en Benedict Cumberbatch.