Wat is vanaand op die kassie?

17:30 5 Sterre met Reuben (kykNET): Reuben maak soutgebakte kabeljou met artisjok, tamatie en mossels. Die nagereg is suurlemoentert en aarbeisorbet met die spesiale bestanddeel so inheems as kan kom. Skakel in en kyk wat dit is . . . Reuben wys in sy kombuiswenk hoe ’n mens groente en vrugte ’n sierlike voorkoms gee.

19:30 Die Nataniël Tafel (kykNET): Daar’s soveel roetine in ons daaglikse lewe. Dis tyd om jou gesinslewe ’n bietjie op te wek en die maklikste manier is met ’n pragtige tafel en interessante, heerlike kos. Nataniël gee inspirasie.

20:30 Criminal Minds (M-Net Series Showcase): Die span reis na Los Angeles om ’n moordenaar te vang wat elke jaar op dieselfde dag ’n oppasser en die kinders in haar sorg, ontvoer.

21:30 Hot in Cleveland (SABC3): Die vroue is in Los Angeles en Elka is op soek na die filmster van haar drome, Robert Redford. Intussen probeer Susan Lucci als in haar vermoë om Victoria se tonele te kelder.

22:00 Dexter (M-Net): Dr. Vogel kom in aanraking met die Brain Surgeon, terwyl Dexter en Debra haar probeer veilig hou.

23:00 Weeds (M-Net): Shane kry ’n opdrag nadat hy sy kursus by die polisie kollege slaag. Silas en Nancy begin hulle nuwe werke.

Please note: YOU magazine doesn’t guarantee the accuracy of the data supplied regarding programming but publishes in good faith based on information supplied. Networks may alter their programming at their own discretion.