Wat is vanaand op die kassie?

18:30 7de Laan (SABC2): Charmaine probeer Vanessa oortuig om dokter toe te gaan. Die wenner van die munisipale tender word aangekondig.

19:30 Die Nataniël Tafel (kykNET): Nataniël wys dis nie nodig om duisende rande op jou troue te spandeer om soos ’n miljoenêr te lyk nie en wys hoe om ’n klein troue stylvol te maak.

20:00 Hostages (M-Net): Ellen luister Duncan af terwyl hy ’n oproep maak en probeer om meer oor hom uit te vind. Duncan word self deur ’n sluipmoordaanval geteiken.

20:04 Donkerland (kykNET): Alcock se aantygings ruk die familie. Piet-Jan gaan dwing Johan om op die familiebybel te sweer, wat veroorsaak dat Piet-Jan dinge uit sy verlede moet erken wat hy eerder sou vergeet.

21:00 ’n Lewe met . . . (kykNET): Manlike menopouse of testosteroontekortsindroom (TTS) affekteer 30 persent van mans in hulle vyftigs en ouer. Hierdie sindroom word gekoppel aan die stadige afname in testosteroonproduksie en algemene veroudering by mans.

21:30 Desperate Housewives (SABC3): Bree bied aan om Tom te help om werk te kry deur ’n spesiale ete te reël. Gaby is ontevrede wanneer Carlos se baas haar as alibi vir sy vrou gebruik.

Please note: YOU magazine doesn’t guarantee the accuracy of the data supplied regarding programming but publishes in good faith based on information supplied. Networks may alter their programming at their own discretion.