19:00 Two Broke Girls (M-Net): Seisoenslot. Max en Caroline bied aan om ’n deel van die eetplek wat voorheen weggesteek was, deeglik skoon te maak. Hulle ontdek iets wat hul kolwyntjie-onderneming kan laat herleef.

19:30 Konings (SABC 2): Die fiktiewe Afrikaanse verhaal van ’n arm seun se opgang tot supermarkketting-magnaat. *Nota: Dit sal The Vampire Diaries vervang wat eers in hierdie tydgleuf uitgesaai wou word.

19:30 Nataniël Tafel (kykNET): Vanaand keer die gewilde Nataniël terug na die kassie en in die eerste aflewering word eier as ’n bestanddeel gevier.

22:02 Girls (M-Net): Hannah probeer haar angs wegsteek vir haar ouers wat by haar kuier. Marnie is geskok oor nuus rakende Charlie. Adam ontmoet ’n vrou by die AA wat vir hom ’n afspraak reël.

Let asseblief daarop: Huisgenoot waarborg nie die akkuraatheid van die data wat oor programroosters verskaf is nie, maar publiseer dit op goeie trou gegrond op inligting wat verskaf is. Netwerke kan hul programrooster na hul goeddunke verander.