1. Kyk eers hoe laat dit is. Net omdat jy laatnag in ’n kroeg kuier, beteken dit nie al jou vriende is nog wakker nie.
  2. Wees bedagsaam. Moenie aanneem jy kan sommer enige tyd ’n teksboodskap te stuur nie (vroeg-oggend of laat-aand).
  3. Mni so skrf. Wat maak jou so besig dat jy nie behoorlik kan spel, nie tyd het vir klinkers of volsinne kan skryf nie?
  4. Moenie boeke tik nie. ’n Ruwe riglyn is dat enigiets langer as 140 karakters eerder in ’n e-pos gesê moet word. Of nog beter: Bel liewer.
  5. Moenie foto’s van jouself teks wat jou in die verleentheid kan stel nie. Dit sal by jou kom spook.
  6. Moenie boodskappe stuur terwyl jy emosioneel of dronk of albei is nie. Jy sal dit later berou.
  7. Moenie lewensveranderende boodskappe teks nie. Teksboodskappe is nie die regte manier om iemand af te sê of uit die bloute vir hulle te sê iemand wat hulle ken, is oorlede nie.