[caption id="attachment_55097" align="aligncenter" width="640"]bradleygee op Flickr bradleygee op Flickr[/caption]

Dit beteken motorfietsryers moet ook padreëls gehoorsaam. Daar is onlangs vertoë gerig vir strenger beperkings op motorfietsryers om die aantal sterftes op ons paaie te verminder.

Hierdie beperkings sluit in ’n verbod op baanklowing.

Baanklowing verwys na ’n motorfietsryer wat in bane by stadige of stilstaande voertuie verbyry om voor die verkeer te kom. Dis op die oomblik wettig in Suid-Afrika.

Die voorgestelde veranderinge is nog nie ingestel nie. Daar vind nog samesprekings plaas tussen motorfietsryers en die Suid-Afrikaanse regering oor hoe om paaie veiliger te maak.

Sommige ander basiese reëls wat motoriste sal moet volg:

  • Motorfietse moet in enkelgelid op die pad ry; ’n baan word as ’n pad gereken.
  • Alle wiele van die motorfiets moet te alle tye in aanraking met die pad wees.
  • Net een motorfiets mag op ’n slag ’n ander voertuig in dieselfde baan verbysteek.
  • Hoewel baanklowing op die oomblik wettig is, moet motorfietse binne die strepe van die bane (in die baan) ry en nie op die baanlyn nie. Motorfietse mag ook nie heen en weer deur bane vleg of langs ’n voertuig ry nie. Dis net aanvaarbaar wanneer voertuie verbygesteek word.

Dis noodsaaklik dat motorbestuurders bewus moet wees van motofietsryers. Aan die ander kant moet motorfietsryers ook bewus wees van motorbestuurders. Wanneer jy “Dink aan motorfietse” verkondig, moet jy ook onthou: “Dink aan motors”.

Faiza Mallick

Bron: Outomobiel-assosiasie van Suid-Afrika

Foto: bradleygee op Flickr