SMS en jy kan ’n ReDPro-braai van R5 800 wen

Die ReDPro-braai is ontwerp om met vloeibare petroleumgas te werk en bied verskeie oplossings vir braai-uitdagings. Die draagbare, rooklose braaier van 17 kg is van hoëgehalte vlekvrye staal gemaak en is lig sodat ’n mens dit gemaklik oral kan saamneem.

Dit is energiedoeltreffend omdat die dekselkap sluit en maak gebruik van die gemotoriseerde spitopsie om te verseker jou vleis is elke keer volmaak berei.

Dit is met ’n warm skinkbord toegerus waarop vleis warm gehou kan word en het twee tafels weerskante wat afgehaal kan word. Dit is maklik om skoon te maak en al die komponente pas gerieflik in ’n skottelgoedwasser.

Uitvinder en ingenieur Gerhard Claassen verstaan sy kliënte se behoeftes en sy ontwerpe is altyd goed nagevors en gegrond op goeie ingenieursbeginsels.

KLIK HIER vir meer inligting oor ReDPro.

NEEM SO DEEL

Vraag: Wat is die naam van die braai wat jy kan wen?

SMS jou antwoord, naam en adres na 35407. Elke SMS kos R1,50. Jy mag soveel keer inskryf as wat jy wil. Die kompetisie sluit op 14 Desember 2015.

Bepalings en voorwaardes

Die wenner word lukraak met rekenaarsagteware getrek. Die beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie. Die prys is nie omruilbaar vir kontant nie. Jy moet die geregistreerde eienaar wees van die selfoon wat gebruik word om aan die kompetisie deel te neem of toestemming van die geregistreerde eienaar hê om sy/haar selfoon vir deelname aan die kompetisie te gebruik. Die borg is verantwoordelik vir die aflewering van die prys. Geen werknemers of naby familie van Media24 en die borg mag aan die wedstryd deelneem nie.