Die nuwe Juke 1,5 dci Acenta+ volg kort op die hakke van die bekendstelling van die outomatiese en alwiel-aangedrewe weergawes van die Juke. Die Juke-reeks bestaan nou uit sewe modelle.

Die 1,5 L-turbodieselenjin lewer 81 kW teen 4 000 r/min en 260 Nm wringkrag teen 1 500 r/min. Volgens Nissan is die gemiddelde brandstofverbruik 4,2 L/100 km en word 109 g/km koolstof-uitlaatgasse vrygestel. Die Juke het ook ’n sesspoed-handratkas.

Standaard toerusting sluit in 17-duim-allooiwiele, misligte voor, sleutellose toegang, elektriese kantspieëltjies, reënsensors vir die ruitveërs, elektriese vensters, Bluetooth, ’n klankstelsel met vier luidsprekers, ’n USB-poort en spoedbeheer.

Veiligheidskenmerke is ABS-remme en ses lugsakke. Sedert Nissan die Juke laat in 2011 bekendgestel het, is 8 500 eenhede hier verkoop. Prys: R263 800 - Wilmer Müller

juke2 juke3