Die noodsaaklike kenmerke van ’n avontuurmotorfiets – sterk enjin, taai raamwerk met ’n lang veeraksie, regop ryposisie en wye handvatsels – verseker sy bruikbaarheid op enige terrein.

Hierdie praktiese aspekte is die rede vir hierdie rygoed se gewildheid: Hulle is maklik om te ry, gemaklik en aanpasbaar, tuis op die pad, ongeag of die toer deur bergpasse en op snelweë is, of vleg deur verkeersknope in die stad se strate. En as die behoefte vir ware avontuur jou pak, is hulle in staat om die kilometers te verorber lank nadat die teerpad opgeraak het.

[caption id="attachment_121808" align="aligncenter" width="600"]Foto: Quickpic Foto: Quickpic[/caption]

“Reeds sedert ons begin het om ons nuwe Africa Twin te ontwerp en te ontwikkel, wou ons ’n volskaalse ware avontuur-motorfiets skep wat net so genotvol en in staat sou wees om eindelose vastelande te deurkruis, as wat dit op die snelweë sou wees, asook vir elke dag se gebruik.

"Die nalatenskap en werkverrigting van die vorige model was ’n betekenisvolle verwysingspunt in ons denke en ná vele bevredigende maande se navorsingswerk, toetse, ontwikkeling en ry, het ons VRF1000L veldryvermoë wat grondpadry ’n plesier maak om aan te pak, met die gerief van ’n toerfiets en die beweeglikheid van ’n pendelfiets. Met ander woorde, ’n model wat werklik waardig is om die naam Africa Twin te erf.”-  Y. Hasegawa, projekleier (S-GPL) CRF1000L Africa Twin

[caption id="attachment_121802" align="aligncenter" width="600"]Foto: Quickpic Foto: Quickpic[/caption]

Alles begin by die enjin wat sy staal moet wys in veldtoestande, sowel as langafstand-toervermoë op die pad, en alles tussenin. Die CRF1000L Africa Twin se 998cc- parallelle dubbele kragbron kry baie kenmerke van Honda se CRF250/450R-kompetisie-enjins af en gebruik dieselfde vierklep-Unicam-kopstukontwerp vir kompakte algehele afmetings.

Sterk en eweredige kraglewering en wringkrag verskaf onmiddellike lewering vanaf enige enjinspoed – met ’n gepaardgaande bevredigende, karaktervolle brul soos die toere klim. ’n 270°-geleidelike krukas gee ’n kenmerkende karakter aan die kraglewering, asook uitstekende gevoel vir die agterwiel se trekking.

[caption id="attachment_121801" align="aligncenter" width="600"]Foto: Quickpic Foto: Quickpic[/caption]

Twee-assige primêre balanseer-asse skakel vibrasies uit.

Die semi-droë oliepan-enjin se lae hoogte dra by tot die CRF1000L Africa Twin se 250 mm-grondvryhoogte. Dit gebruik ook ’n slim samevoeging van komponente op dinamiese en estetiese maniere. Die waterpomp is binne-in die koppelaar se hulsel geplaas, en die waterpomp en oliepomp word deur die enjin se balanseerasse aangedryf.

Die ligte sesgangratkas gebruik dieselfde skakelnokontwerp wat in die CRF250/450R te kry is om sodoende positiewe ratwisseling te verseker en is toegerus met ’n hulp-glykoppelaar van aluminium.

Benewens die standaardmodel is daar nog twee weergawes beskikbaar: die eerste met ABS en multi-modus-Honda Selectable Torque Control (HSTC), en die tweede toegerus met Honda se unieke dubbelkoppelaarratkas (met ’n nuwe veldryfunksie), ABS en HSTC.

[caption id="attachment_121806" align="aligncenter" width="600"]Foto: Quickpic Foto: Quickpic[/caption]

By modelle met ABS is dit moontlik vir die ryer om die ABS-stelsel vir die agterwiel af te skakel, wat hom dan toelaat om die agterwiel te sluit in veldrytoestande.

[caption id="attachment_121807" align="aligncenter" width="600"]Foto: Quickpic Foto: Quickpic[/caption]

Daar is vier vlakke van verstelling met die Honda Selectable Torque Control: vlak 1, 2, 3, en af. Die graad waarop ingetree word, verminder soos wat die vlakke hoër raak, wat meer agterwielglip toelaat.

Die unieke DKT (dubbelkoppelaartransmissie)-weergawe spog met die standaard-handratmodus – wat die ryer toelaat om ratwisseling met snellers op die linkerhandvatsel te doen – en twee outomatiese modusse. D-modus bied die beste balans tussen brandstofbesparing en gemaklike toer terwyl S-modus gestel is om ekstra vlakke van sportverrigting te lewer, met drie verskillende skakelpatrone om uit te kies.

Natuurlik, vir die CRF1000L Africa Twin, is DKT ook heeltemal in staat om in ’n veldry-omgewing te funksioneer en veldryvermoëns word verhoog met die G-knoppie. By die druk van die G-knoppie in enige rymodus word die beheer van die koppelaarstelsel aangepas om meer regstreekse aandrywing te lewer.

Die CRF1000L Africa Twin se semi-dubbele mandjietipe raam lewer die volmaakte balans vir hoëspoedstabiliteit – as dit tot die maksimum gelaai is – gepaardgaande met egte veldryvermoë deur louter sterkte en buigsaamheid te kombineer. Sentrering van massa, met goed soos die battery wat by die agterkant van die silinderkopstuk gebêre is, dra by tot die lae swaartepunt en help met beweeglikheid.

[caption id="attachment_121803" align="aligncenter" width="600"]Foto: Quickpic Foto: Quickpic[/caption]

Die 45 mm-Showa- omgekeerde vurke is ten volle verstelbaar en het dubbele straalgemonteerde Nissin-viersilinder-rempassers en 310 mm-‘golf’-tipe drywende remskywe. Die Showa- agterste skokbreker het hidrouliese veer-voorvragverstellingsvermoë.

Die CRF1000L Africa Twin het nes die CRF450R Rally 21-duim-voor- en 18-duim-agterwiele met speke. Dit maak dit moontlik om ’n wye reeks veldrybande op te sit pleks van die veeldoelige standaardbande met die 90 voor/150 agter-kombinasie.

In pas met sy “onbeperkte avontuur”-ontwerptema is die Africa Twin gestileer met die minimum bakwerk in ’n sterk, ligte vorm wat beskerming vir die ryer teen die elemente bied en ’n slanke, vlugvoetige gevoel. Dubbele LED-ligte behou die oorspronklike se teenwoordigheid, en die sitplekhoogte kan 20 mm afwaarts verstel word van die standaard-870 mm tot 850 mm.

[caption id="attachment_121804" align="aligncenter" width="600"]Foto: Quickpic Foto: Quickpic[/caption]

’n Groot 18,8 L-brandstoftenk – en die enjin se branstofbesparende 21.8km/L (WMTC in DCT-modus) – lewer ’n reikafstand van meer as 400 km.

Goeie grondvryhoogte – noodsaaklik vir goeie veldryvermoë – begin met ’n kompakte, kort enjin. Die krukasse is vertikaal verdeel met ’n ingeboude olietenk (die eerste Honda met dié soort ontwerp). Die waterpomp is binne-in die koppelaarhulsel (die eerste keer by ’n motorfietsenjin) met ’n termostaat geïntegreer binne-in die silinderkop.

Die hoofdoelwitte wat gestel word vir die CRF1000L Africa Twin se raamwerk is drievoudig: die vermoë om aansienlike veldry-afstande te kan aflê, met uitstekende hoëspoedstabiliteit op die teer wanneer alleen gery word, sowel as tot die maksimum gelaai met ’n passasier en bagasie.

[caption id="attachment_121809" align="aligncenter" width="600"]Foto: Quickpic Foto: Quickpic[/caption]

En, hoewel die CRF1000L se enjin ’n 25 persent groter vermoë het en ongeveer 50 persent meer krag lewer as die oorspronklike, is die nuwe Africa Twin net ’n klein bietjie ligter, met slanke afmetings om die tenk- en sitplekgebied, en ’n ryposisie wat beheer en beweging verbeter.

Minimale bakwerk bied beskerming aan die ryer sonder oordadighede; die negatiewe LCD-skerm rangskik ry-inligting vertikaal op die tydrenmanier vir vinnig lees. Nuwe skakelaars is ergonomies ontwerp vir maklike gebruik en geplaas op spits-aluminiumhandvatsels. Ligte is ten volle LED.

Die CRF1000L Africa Twin sal in vier kleurkeuses beskikbaar wees: twee standaard- en twee Spesiale Uitgawe-kleure:

  1. CRF Rally Red (SE)
  2. Africa Twin Tricolour (SE)
  3. Digital Silver Metallic
  4. Matte Ballistic Black Metallic

[caption id="attachment_121805" align="aligncenter" width="600"]Foto: Quickpic Foto: Quickpic[/caption]

Wedrenne word gery met Honda se DNA en die CRF Rally, met sy Extreme Red- en Victory Red-strepe, plus driekleursitplek, en weerspieël HRC se CRF450R Rally-masjien. Die Tricolour-keuse bring hulde aan die oorspronklike XRV750L Africa Twin-erfenis, met onmiskenbare strepe en verf om die masjien se terugkeer te vier.

Bron: quickpic.co.za