Rebel Wilson

Snaaks, talentvol en slim. Ons is mal oor dié uitgesproke Aussie omdat ons nie kan dink dat sy ooit vir enigiemand sal verander nie. Dankie tog daarvoor!

Taylor Swift

Sy het nie net countrymusiek koel gemaak nie, sy het ook getrou aan haarself gebly. Ongeag met wie sy al uitgegaan het.

Cara Delevingne

Van haar lawwe uitrustings tot die snaakse gesigte wat sy in foto’s trek is Cara glad nie gepla daarmee om enigeen te beïndruk nie. Sy wil net pret hê.

Pharrell Williams

Die super-vervaardiger volg sy eie kop met sy aweregse styl en sy musiek is ook glad nie sleg nie.

Jennifer Lawrence

As jy by die Oscars kan val en dit pla jou min, skort daar beslis niks met jou selfvertroue nie.

Mindy Kaling

Die ster van The Mindy Project hou van haar kurwes en straal selfliefde uit. Jy kan nie anders as om dol oor haar te wees nie.

Ed Sheeran

Ons hou van ’n ou wat selfversekerd genoeg is om sy sagter kant te wys deur met meisiepelle uit te hang. Hoe anders gaan ons uitvind hoe mans se kop werk?

Josh Hutcherson

Hy het ons harte gesteel as Peeta Mellark in The Hunger Games en ons is mal oor sy plat-op-die-aarde-persoonlikheid en oulike glimlag.

Kanye West

Die Amerikaanse rapper is dalk soms irriterend, maar hy is eerlik oor sy oortuigings en getrou aan homself. Mal daaroor.

Chris Colfer

“Ek het probeer om ander mense te wees en ekself pas my die beste.” Ons stem saam.

Inspirerende aanhalings:

Jy is gebore om oorspronklik te wees. Moenie as ’n nabootsing sterf nie. – John Mason

Wees jouself; die res is klaar gevat. – Oscar Wilde

Moenie verward raak met wat mense sê jy is en wie jy weet jy is nie. – Oprah Winfrey

Om jouself te wees in ’n wêreld wat gedurig probeer om jou te verander, is die grootste prestasie. – Ralph Waldo Emerson

Bronne: goodreads.com, huffingtonpost.com