Die hoogs aangeskrewe Subaru Forester se 2016-modelreeks is opgegradeer. Die nuwe Forester se speelveld is vergroot.

Kernvernuwings en -verbeterings sluit in:

  • Hersiene rooster- en kopligontwerp vir ’n karaktervoller aansig.
  • Nuwe 17 en 18 duim-allooivellings.
  • Nuwe kajuit. Dit sluit in herontwerpte sitplekke, hoëglans swart en chroom-insetsels en afwerking, verbeterde grafika en visuele versierings op die veelfunksieskerm.
  • ’n Harmon Kardon-stelsel met agt luidsprekers is standaardtoerusting in luukse modelle.
  • Verlaagde uitlaatgasvlakke.
  • Verbeterde dinamiese vermoë en ’n verfynde ritgehalte.
  • Veiligheidskenmerke as klasleier versterk deur nuwe kopligte wat op die stuur reageer.

Die Forester se 17 duim-vellings het ses speke en kontrasterende swart en silwer detail. Die topmodel van die reeks, die 2.0XT Lineartronic™ CVT met turboaanjaer, se nuwe 18 duim-vellings is ’n 10-speek-ontwerp met robuuste dog sportiewe swart en silwer kontraste.

[caption id="attachment_124661" align="aligncenter" width="600"]Foto: Quickpic Foto: Quickpic[/caption]

Subaru het ook ’n nuwe sepiabrons metaalkleuropsie vir buite bygevoeg.

[caption id="attachment_124664" align="aligncenter" width="600"]Foto: Quickpic Foto: Quickpic[/caption]

Die opdrag wat die buitekant betref, was om die Forester se sterk karakter te beklemtoon, terwyl die binnekant herontwerp is om dit eleganter en doeltreffender te maak. Gaan sit op die bestuurder se sitplek en jy sal onmiddellik ’n nuwe stuurwielontwerp sien, met silwer funksieknoppies op die drie meerdoelige speke.

Die kleur-TFT LCD-instrumentepaneel het ook nuwe grafika, nuwe agtergrondkleure, gerookte glas in die middelste vertoonpaneel en hersiene tagometer- en spoedmeterwysers.

[caption id="attachment_124663" align="aligncenter" width="600"]Foto: Quickpic Foto: Quickpic[/caption]

Die sitplekke van al die nuwe Forester-modelle is verbeter met beter steun vir die bene. Om doeltreffendheid te verbeter, beskik die nuwe Forester nou oor ’n geheue vir die posisie van die bestuurdersitplek.

[caption id="attachment_124662" align="aligncenter" width="600"]Foto: Quickpic Foto: Quickpic[/caption]

Dit onthou die laterale posisie, hoek van die rugleuning en sitplekhoogteverstelling vir tot twee mense. Daar is boonop meer geriewe vir passasiers in die vorm van ’n outomatiese oop/toemaakfunksie vir die elektriese venster aan die voorste passasierskant sowel as verligte smukspieëls.

Die Forester kan nou ook bestel word met óf swart óf swart-en-grys leersitplekke (slegs by modelle wat leer insluit).

’n Nuutjie in die 2016-Subaru Forester is die voorligte wat reageer op die rigting waarin die stuur gedraai word. Dit werk in gedompte- sowel as volstraalmodus en is moontlik gemaak deur die ontwikkeling van ’n nuwe enkeleenheid- dubbelwerkende projektorkoplig.

[caption id="attachment_124666" align="aligncenter" width="600"]Foto: Quickpic Foto: Quickpic[/caption]

Voorheen het die sterk- en gedompteligverligting uit verskillende gedeeltes van die koplig gekom. Hierdie tegnologie skep groter sigbaarheid snags en derhalwe ’n veiliger bestuursondervinding.

PRYSE EN WAARBORG

Die nuwe 2016-Forester-reeks is nou in Suid-Afrika beskikbaar. Alle modelle word verkoop met ’n volledige onderhoudsplan vir drie jaar of 75 000 km, ’n driejaar/100 000 km-waarborg en Subaro Assist. Verskeie pakkette waarmee die onderhoudsplan verleng kan word, is teen ekstra koste beskikbaar.

Subaru Forester 2.0X 6MT                                                       R376 000

Subaru Forester 2.5X Lineartronic™ CVT                                R427 000

Subaru Forester 2.5XS Lineartronic™ CVT                             R459 000

Subaru Forester 2.5XS Premium Lineartronic™ CVT              R509 000

Subaru Forester 2.0XT Lineartronic™ CVT                             R579 000

Bron: quickpic.co.za