Dit kom uit 1984 toe ’n middelgrootte sportnuts, die Hilux Surf, sy buiging in markte soos Brasilië, Australië, Nieu-Seeland, Brittanje, Pakistan en Afganistan gemaak het.

Twee dekades later is die Toyota Fortuner met ’n aansienlik meer verfynde ontwerp en soortgelyke ondertone as die Hilux Surf in 2005 aan meer as 110 markte bekendgestel.

Lees ook: Toyota Hilux: taaier as ooit tevore

Die eerstegeslag-Fortuner is in 2006 in Suid-Afrika bekendgestel, en het spoedig die voorkeur-sportnuts vir veld- en stadleefstylgeesdriftiges geword.

[caption id="attachment_121513" align="aligncenter" width="600"]Foto: Quickpic Foto: Quickpic[/caption]

“Die nuwe Fortuner het ’n lang, breër houding teenoor die uitgaande model en sy vermoë om soos ’n verkleurmannetjie by enige omgewing aan te pas, is versterk,” sê Calvyn Hamman, senior vise-president van verkope en bemarking. “Die voertuig kan naatloos van ’n gekunstelde stadsloper tot ’n kragtige veldryer omskakel.”

[caption id="attachment_121512" align="aligncenter" width="600"]Foto: Quickpic Foto: Quickpic[/caption]

Die gemoedsrus wat die nuwe Fortuner bied, word in die volgende elemente weerspieël wat sy posisionering in die mededingende middelgroot-sportnutsmark onderskei:

Nuwe-tydvak dieselenjins en kragbron

-    Verbeterde verrigting

-    Nuwe sesgang-handratkas en outomatiese transmissie

Pad- en veldryvermoë

-    Nuwe-tydvak raam en vering

-    Elektriese skakelaar om vierwielaandrywing te kies (4x4-modelle)

-    Aktiewe kloubeheer

-    Heuwelwegtrekhulp

-    Afdraandebeheer (4x4-modelle)

Groter gemak en gerief

-    Verbeterde rit en gemak

-    Minder geraas, vibrasies en grofheid

-    Vooraanstaande gevoel

Verbeterde tegnologie

-    Slim toegang

-    Elektries-beheerde stertdeur (4.0 V6)

-    7 duim-raakskerm-klankstelsel (sekere modelle)

Groter veelsydigheid

-    Oorgenoeg bergruimte

-    Volwaardige sewesitplek-gebruik

-    Eenvoudige berging vir tweede en derde ry sitplekke

Veiligheid en sekuriteit

-    Nuwe knielugsak vir die bestuurder

-    Spoedsensitiewe outomatiese deurslotte

-    Nuwe diefwerende stelsel

-    ISOFIX-monterings bygevoeg

-    Sleepwa-swaaibeheer

Die nuwe Fortuner deel dalk ’n paar onder-die-dop-kenmerke met sy taai Hilux-stalmaat, maar wat ontwerp betref, is hulle ligjare van mekaar verwyder.

Lees ook: SLC: nuwe naam, nuwe dinamika

In huidige formaat pronk die Fortuner met ’n meer kenmerkende, slank dog treffende en kragtige ontwerp. Die voorkant lyk aggressief en indrukwekkend, terwyl sy algehele voorkoms aantreklik en gespierd is.

[caption id="attachment_121509" align="aligncenter" width="600"]Foto: Quickpic Foto: Quickpic[/caption]

Al die modelle het ligdiode-remligte ten gunste van ’n hoëtegnologiese beeld, ligdiode-stertligte, tweelinghalogeen-hoofligte vir die 2.4 Global Diesel (GD) en 2.7 VVT-i en hoëstraal-ligdiodehoofligte vir die 2.8 GD en 4.0 V6.

Die nuwe Toyota Fortuner is ontwerp met ’n fris dog elegante binneruim. Sagtegevoel-materiale van ’n hoë gehalte word in kern-kontakoppervlakke naby die voorpaneel, windskermpilare en deurbeslag ingespan. Dit word aangevul deur ’n magdom metaalinsetsels, houtgreindetail en omsigtig ontwerpte ornamente net waar dit nodig is.

Die tweede ry sitplekke is in die verhouding 60/40 verdeel en kan vorentoe en agtertoe verstel word, terwyl dit ook verstelbare rugleunings het.

[caption id="attachment_121511" align="aligncenter" width="600"]Foto: Quickpic Foto: Quickpic[/caption]

Die derde ry sitplekke is in die verhouding 50/50 verdeel en die rugleunings kan ook verstel word. Die twee rye kan met net een beweging geberg word om bykomende bagasieruimte te bied: Die tweede ry sitplekke kan individueel gekantel en vorentoe weggevou word, terwyl die twee helftes van die derde ry sitplekke geberg kan word om ’n groter laairuim te bied.

[caption id="attachment_121510" align="aligncenter" width="600"]Foto: Quickpic Foto: Quickpic[/caption]

Al die Fortuner-modelle het klankstelsels met vier of ses luidsprekers, ’n hulpsok/USB-poort, AM/FM-radio en ’n CD-speler. Die klankstelsels van die 2.8 GD- en 4.0-V6-modelle pronk met DAB+ digitale radio en ’n 7 duim-skerm met DVD-versoenbaarheid en trurat-kamerabeeld. Die vlagskip-model, die 4.0 V6, het ook ingeboude satelliet-navigasie.

Ander standaard-geriefskenmerke sluit in Bluetooth-verbinding, stuurgemonteerde kontroles vir klankstelsel- en telefoonbeheer, sowel as elektriese beheer vir die deurslotte, deurspieëls en vensters. Lugversorging is ook deel van die standaard-toerusting, en pronk met afsonderlike lugvloei-kontroles vir die tweedery-insittendes.

Elektries beheerde ewenaarslot vir die agteras is ook deel van al die 4x4-modelle se standaard-toerusting.

Die remstelsel behels lugverkoelde remskywe regdeur: 338 mm aan die voorkant en 312 mm agter. Wanneer die voertuig skielik hard rem, sal die noodflikkerligte aanskakel om ’n noodsein aan ander bestuurders te stuur. Die hoësterkte romp sorg vir ’n sterk sentrale veiligheidsel. Voetganger-veiligheid sluit in impak-absorberende samestelling vir die enjinskort, modderskermhake, enjinkap en voorste stamper.

Die nuwe Fortuner se veiligheidstoerusting sluit in terugtrek- en noodsluiting-driepuntgordels vir al die sitplekke, met lasbeperkende styftrekkers vir die voorste sitplekke. Die nuwelinge het ook ’n sitplekgordelwaarskuwingstelsel vir die voorste en tweede ry sitplekke, en drie bokant-kindersitplekankerpunte en ’n ISOFIX-monteringspunte vir ’n babasitplek.

Voorgestelde kleinhandelpryse* vir die nuwe Fortuner is soos volg:

2.4 GD-6 Raised Body-handrat: R436 400

2.4 GD-6 Raised Body-outomaties: R453 400

2.7 VVT-i Raised Body-outomaties: R429 400

2.8 GD-6 Raised Body-handrat: R513 400

2.8 GD-6 4x4-handrat: R571 400

2.8 GD-6 Raised Body-outomaties: R531 400

2.8 GD-6 4x4-outomaties: R589 400

4.0 V6 4x4-outomaties: R633 400

*Al die voorgestelde kleinhandelpryse sluit ’n waarborg van drie jaar of 100 000 km en ’n versieningsplan vir vyf jaar of 90 000 km in.

Bron: quickpic.co.za