In hul nimmereindigende strewe om vir net die heel beste koffie-ervaring te sorg het Nespresso pas hul nuutste ontwerp bekendgestel: die Nespresso U Met hierdie toestel bied hulle steeds hoë standaarde aan koffieliefhebbers wêreldwyd, maar ook groter eenvoud.

Die U met sy slim ontwerp is met die gesofistikeerdste tegnologie geskep en kan aangepas word om in kontemporêre leefruimtes te pas. Sy geronde en buigsame vorm maak van die U die mees modulêre masjien nog. Die raak-koppelvlak memoriseer die verstellings wat jy die meeste gebruik, so jy hoef nie elke keer van voor af jou voorkeure aan te dui nie.

Jou ristretto, espresso of lungo word moeiteloos gemaak nes jy daarvan hou. Boonop is die U se netjies koppiestut vir lang en kort drankies ontwerp. Die U het ’n verhittingstyd van 25 sekondes en die outomatiese brouproses sorg vir net die beste koffie-ekstrak. Sodra die koffie reg is, staak die brouproses dadelik, wat een van die skoonste masjiene denkbaar tot gevolg het. Daar is geen gedrup nie en die broukapsules skiet self uit.

Altesaam 30 persent van die masjien se omhulsel is van herwonne materiaal gemaak en die U het die beste energievoetspoor in sy klas. Boonop skakel dit outomaties af as dit nege minute lank nie gebruik word nie.

Nespresso  het die U se minimalistiese ontwerp met ’n reeks toegewyde bykomstighede aangevul. Dit sluit in ’n innoverende rak met aanpasbare magnetiese houers wat aan die kante van die masjien geheg kan word.

Daarby het Nespresso nuwe gebruiksitems by sy ikoniese Glas-versameling gevoeg. Vir melkliefhebbers is daar die elegante nuwe cappuccino-koppie met ’n stylvolle swart-en-matgrys piering, tesame met ’n resepglas wat ontwerp is om jou ’n beter greep te gee. Die resepglas is beskikbaar in stelle van vier, met ’n reseplepel van vlekvrye staal daarby.

Die nuwe U-masjien is in vier kontemporêre kleure te kry (Pure White, Pure Black, Pure Grey en Pure Orange) by die NESPRESSO-boetieks in Sandton City, Johannesburg, en die V&A Waterfront in Kaapstad, asook by uitgesoekte handelsvennote landwyd.

WEN 'n Nespresso U elke weeksdag vanaf Maandag, 19 November tot Vrydag, 30 November 2012. Kompetisiebesonderhede word daagliks op ons Facebook-blad aangekondig. 

Hier's 'n gallery van Nespresso se oulike reeks:

[gallery]

Besoek www.nespresso.co.za vir nog inligting, of bel 0800-NESPRESSO (0800-63777-3776).