In die 21 Maart-uitgawe van Huisgenoot: Die spogtroue in die wynlande: Derick Hougaard en Karlien van Jaarsveld het hul liefde op ’n reënerige dag in die Boland verseël. Blaai deur ons foto-fees van nege bladsye vasgevang deur die fotograaf Albert Bredenhann (pixelpro.co.za). Lees meer oor die kronkelpad tot by die kansel en hul roerende troubeloftes.

Baba Wade se ouma vertel van geweld: Die vrou wat toegekyk het hoe haar baba vermoor word, was die slagoffer van geslagte se mishandeling, vertel haar ma vir Marida Fitzpatrick.

Doen dit self: Met ons sewende doen-dit-self-projek wys ons lesers hoe om ’n tafel te maak wat aandag trek by die voordeur.

Daniel Day-Lewis, ’n gekkige genie: Hy het onlangs die eerste man geword wat ’n derde Oscar vir beste akteur wen. Hy “word” die karakters en doen dit met soveel intensiteit dat van sy medesterre reken hy is die kluts kwyt.

Bedorwe “baby” Biebs: Uitgegooi uit ’n klub, onbeskof met aanhangers, ’n onderonsie met ’n fotograaf . . . Die sanger Justin Bieber raak die pad ál meer byster.

Dit en soveel meer in die nuutste uitgawe van Huisgenoot.

210313HGM001