Hier is vanaand se rooster:

18:00 Last Man Standing (M-Net): Daar word by Vanessa se buurman ingebreek en sy oortuig die gemeenskap om ’n buurtwag te begin.

18:30 Hot in Cleveland (M-Net): Die vroue probeer hul vriendin Courtney se verhouding met haar kêrel herstel.

19:00 The New Normal (M-Net): Reeks keer terug. David kry iemand om die huis veiliger te maak vir die baba, maar dit veroorsaak ’n stryd tussen hom en Bryan.

20:30 The Punisher (e.tv): Misdaaddrama met John Travolta en Thomas Jane.

21:00 Taxi (M-Net Movies Comedy): Belle Williams, New York se vinnigste taxibestuurder, se pad kruis met dié van Andy Washburn, ’n speurder wat sy rybewys verloor het, maar op die spoor is van bankrowers.

22:00 Medium (SABC2): Allison word wakker en kan nie ’n woord verstaan wat enigiemand vir haar sê nie. Sy kan met almal praat en hulle verstaan haar, maar sy hoor net ’n gebabbel.

*Alle inligting oor uitsaaitye, programtitels en -beskrywings was reg teen saktyd. Die inligting word van die skakelafdeling en publisiteitspan verkry en word in goeie trou gepubliseer.