Is julle gereed? Die Heuwels Fantasties is van die groot sterre wat op 19 September 2015 by SuperSkouspel by die FNB-stadion in Johannesburg optree. Ons het by Pierre Greeff, die voorsanger, gaan hoor wat aanhangers kan verwag.

Waarna sien julle die meeste uit by SuperSkouspel?

Om weer in Soccer City te speel. Ons was laas daar toe ons vir Kings of Leon oopgemaak het.

Hoekom moet mense dié konsert bywoon?

Om 'n buitelugproduksie op só skaal buite te sien, gaan 'n belewenis wees.

Met watter liedjies gaan julle die gehoor vermaak?

Shangri-La, Sonrotse en 'n paar verrassings en collaborations.

Watter van die ander kunstenaars by SuperSkouspel is julle opgewonde om die verhoog mee te deel?

Mango Groove en Francois van Coke.

Hoeveel konserte doen julle elke maand?

Ons doen seker so 10 per maand.

Wat motiveer jou om so hard te werk?

Dis die funksie van 'n kunstenaar om sy werk na mense toe te vat.

Wat maak jou sangloopbaan vir jou lekker?

Dat ons so baie wonderlike mense langs die pad ontmoet.

Wat sal mense verbaas wees om te weet van jou?

Ek is `n gholf nut.

As julle ’n naam vir julle groep aanhangers kon gee, wat sou dit wees?

Die Fantastiebons.

Met watter ander projekte is julle nou besig en wat hou die res van die jaar vir julle in?

'n Paar interessante dinge.. julle sal moet wag en sien!

Bespreek vir SuperSkouspel by online.computicket.com, bel 0861-915-8000 of besoek jou naaste Computicket.

 
DIGITAL BANNER_HG_600x450 (0-00-00-00)