Dié bakkie is die eerste op die plaaslike mark wat met Bi-xenonkopligte met LED-daglig-ligte as standaardtoebehore beskikbaar is.

Die Amarok is op die topkerf 2.0 BiTDI 132kW 4Motion Highline met ’n agt gang outomatiese ratkas gebaseer.

Saam met die Bi-xenonkopligte dra die twee chroomstawe op die verkoeler-sierrooster by tot die Ultimate se aantreklike voorkoms.

[post-slider]

Die Ultimate spog onder meer met verdonkerde truligte en nommerplaatverligting, gepoleerde 19-duim-Canterra-allooiwiele, spesiale Ultimate-gestileerde letters en sy-impakstawe in chroom.

Ook standaard in dié spoggerige bakkie is Park Distance Control met ’n Rear Assist-trukamera, elektriese syspieëls wat verwarm kan word wanneer nodig, ’n RCD 510-radio/CD-klankstelsel wat aan jou selfoon gekoppel kan word en ’n reënsensor met afwisselbare ruitveërs.

’n Opsionele ekstra vir die Amarok Ultimate is die RNS 510-radionavigasiestelsel met ses luidsprekers en ’n elektriese koppelvlak vir eksterne gebruik.

Die Amarok Ultimate kos R600 200, BTW ingesluit.

Bron: quickpic.co.za