• Sy was nog altyd mal oor toneelspeel en het altyd toneelstukke saam met haar vriende geskryf en daarin opgetree. “Ek het ure lank karakters en toneelstyle bestudeer, my woorde gerepeteer en vroeg gaan slaap sodat ek weer voor skool kon repeteer. Ek het dit meer geniet as om na ’n winkelsentrum toe te gaan.”
  • Sy is ook ’n sangeres en wil eendag ’n platemaatskappy besit. “Ons hou amper elke dag ’n sangsessie by ons huis. My ouer broer, Chase, is ’n sanger en liedjieskrywer en hy is die ingenieur in ons tuisateljee. Hy is ook my musiekmentor.”
  • Haar obsessie? “Videospeletjies – net omdat ek doodseker wil wees ek is goed voorberei op ’n zombie-inval!”
  • Debby is ’n bleeksiel en ons is mal daaroor. “Ek het op skool die onderwysers help merk en hul lêers georganiseer.” Sy was ook ’n lid van die skaakspan.
  • Sy bak watertand glutenvrye sjokoladebruintjies! “Dit kom in ’n pakkie, maar dis nogtans lekker!”
  • Sy is effe behep oor hoe haar handskrif. “Ek skryf meestal in kursief en die kolletjies op my “I’ is sedert laerskool ’n hartjie.”

Kyk na die tweede seisoen van Jessie elke Saterdag op die Disney-kanaal (DStv-kanaal 303) om 9:35. Die eerste en tweede seisoen word deur die week op dié kanaal herhaal.

BRONNE: DISNEYCHANNEL, KIDS.AOL.COM, MUSICFASHIONMAGAZINE.COM