[post-slider]

Binnekort sal jy weer ’n Datsun in Suid-Afrika kan koop!

Nissan is besig met die laaste reëlings om die ikoniese Datsun-handelsmerk weer hier bekend te stel, en die fokus sal op bekostigbare rygoed wees.

Die eerste Datsun-model wat jy hier, waarskynlik van Julie of Augustus, sal kan koop, is die GO, ’n vyfdeurluikrug. Dit sal boonop talle moderne kenmerke hê, onder meer ’n ankerpunt vir slimfone om musiek te kan speel.

Onder die GO se enjinkap is ’n 1,2 L-kragbron, terwyl Nissan daarop aanspraak maak dat die brandstofverbruik meer as 20 km per liter kan wees.

Die goeie nuus is dat die GO se prys waarskynlik onder R100 000 gaan wees. Aanvanklik gaan daar ook sowat 30 Datsun-handelaars wees, maar dit gaan teen 2015 verdubbel.