[post-slider]

Dit merk Datsun, een van Suid-Afrika se gunsteling-handelsmerke, se terugkeer na die plaaslike mark, asook hul toetrede tot die hoogs mededingende intreevlakmark.

Die Datsun GO is aan die voorpunt van die terugkeer van die handelsmerk wat in die 60’s en 70’s ’n legende geword het – dit het tussen 1976 en 1978 (ook in die 80’s) in die mark koning gekraai. Die Datsun-handelsmerk is vereenselwig met voertuie wat gehalte en betroubaarheid teen ’n bekostigbare prys gebied het.

Datsun het nou onthul die prys vir die intreevlakmodel is R89 500 en R99 500 vir die Lux-model

Handelaars oor die land heen maak reg om hul deure oop te maak en op 20 Oktober te begin bedryf.

Die motors sal deur 44 handelaars oor die land beskikbaar wees; die mikpunt is om teen Maart volgende jaar dié getal tot 60 te vermeerder.

Die Datsun GO met ’n vyfspoedhandratkas weeg 1 152 kg en ’n 1,2 L-enjin wat 50 kW opwek, dryf hom aan. Die brandstofverbruik is 5,2 L/100 km.

Meer inligting oor die GO se spesifikasies sal binnekort by die amptelike bekendstelling onthul word.