• Cody (16) was ’n swemkapioen voor hy begin sing het en het twee goue medaljes by die Queensland-swemkampioenskapppe in Australië gewen. Hy kan ons enige tyd red!
  • Hy het sy musiekloopbaan afgeskop deur leenliedjies in sy kamer op te neem en dit op YouTube te plaas. Die kookwater-vervaardiger Shawn Campbell – wat al saam met Jay-Z gewerk het – het dit in 2009 raakgesien en so het Cody sy eerste platekontrak losgeslaan.
  • Hy het Justin Bieber tydens die Australiese been van sy Believe-toer ondersteun en hulle is nou beste pelle. “Ek en Justin doen tiener-goed saam – ons was onlangs by ’n spookhuis en dit was baie koel!” sê Cody.
  • Sy nuwe album, Paradise met die liedjies Wish U Were Here en Got Me Good gaan “oor meisies. Natuurlik is dit waaroor ek skryf, ek is ’n tiener”.
  • Wat modes betref is Cody dol oor pakke en die Koreaanse rapper Psy, wat treffer Gangnam Style sing, se voorkoms. “Ek hou van sy sêding: ‘Trek deftig aan en dans soos ’n maltrap’. Ek dink dis baie slim.”

BRONNE: WIKIPEDIA.ORG, HOLLYWOODLIFE.COM, ENTERTAINMENT.MSN.CO.NZ