Dit het ’n turboaangejaagde 1,4 L-petrolenjin wat 103 kW en 200 Nm ontwikkel. Die gevolg is ’n 0-100 km/h-versnellingsyfer van 9,5 sekondes en ’n topspoed van 197 km/h. Dié krag word deur ’n sesgang-handratkas na die voorwiele oorgedra.

’n Herontwerpte buffer met reghoekige misligte, systroke en swart kant¬spieëls onderskei die RS van ander Sonic-modelle, terwyl daar aan die agterkant ’n drukvlerk is, ’n prominenter lugvloeier onder die buffer, ’n groot, reghoekige uitlaatpyp, asook RS-kentekens. Dit het ook sportiewe 17 duim-allooivellings.

Binnelangs is daar sportsitplekke wat oorgetrek in ’n leer-seemsleer-kombinasie en met RS-letters wat daarop geborduur is. Daar is ook rooi stiksels op die sitplekke en ’n met leer oorgetrekte stuurwiel met ’n plat bodem en RS-letters.

Chevrolet se innoverende MyLink-stelsel met sy groot raakskerm, is ook ’n standaardkenmerk. Met behulp van Bluetooth word die MyLink-stelsel ’n verlenging van jou slimfoon deurdat die volle foonboek en kontaklys in die stelsel geïntegreer word, terwyl musiek, foto’s en ander media op die foon ook op die stelsel beskikbaar is.

Die stelsel is ook nou as ’n opsie in die Sonic LS-modelle beskikbaar.

Prys: R225 300

Chev_rear

Chev_inside